Wayback Machine

Wayback Machine
Tipe webwerf
Internet argief
Beskikbaar inEngels
SkepperBrewster Kahle en Bruce Gilliat
URLhttp://wayback.archive.org/
KommersieelNee
RegistrasieOpsioneel
Van stapel gestuur1996
Preview warning: Page using Template:Infobox website with unknown parameter "huidige status"
Preview warning: Page using Template:Infobox website with unknown parameter "lanseringsdatum"

Die Wayback Machine is 'n digitale argief van die Wêreldwye Web en ander inligting op die Internet. Die diens stel mense in staat om webblaaie te argiveer en geargiveerde bladsye oor tyd op te roep. Dit is veral handig om bladsye wat nie meer bestaan nie, op te soek.

Die argief word deur Internet Archive ('n nie-winsgewende organisasie wat in San Francisco in die VSA gesetel is) bestuur. Dit is deur Brewster Kahle en Bruce Gilliat begin, en word met behulp van Alexa Internet instand gehou. Hulle visie is om die hele Internet te argiveer.[1]

Die organisasie argiveer bladsye sedert 1996 op hulle Linux-bedieners. Hulle besoek geargiveerde bladsye elke paar weke of maande en skep 'n nuwe weergawe as die inhoud daarvan verander het. Gebruikers word ook toegelaat om skakels vir aktivering in te voer. Die oogmerk is om inligting, wat andersins verlore kan gaan wanneer 'n webwerf verander of gesluit word, vas te vang.

  1. (en) "Archive.org or Wayback Machine". cachedpages. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 Desember 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne